Tema : Hoe laat is dit.
Goeie dag.
Dit is baie moeilik om ‘n geskrewe stuk wat jy self geskryf het na te gaan vir foute, maw te proeflees. Gewoonlik sien jy wat jy bedoel het om te skryf, maar nie die werklike woorde nie, jy kyk jou eie foute mis. Netso kyk ons na wêreld gebeure deur ‘n geprogrammeerde bril. Ons bril word bepaal deur eie begeertes, opvoeding, kultuur, oortuigings, media, ens. Nie dat dit vreemd is nie. Jesus sê aan die geleerdes van Sy tyd:
MATTHÉÜS 16:3 AFR53
[3] En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?
Die verwagting van die Jode was ‘n nuwe Joodse koninkryk van Israel, waarvan die saligheid gedryf word deur die Moses geskrifte (Torah). Jesus bring ‘n ander koninkryk, die koninkryk van God. Hul wou die nuwe wyn in ou sakke gegooi het (Mat 9:19). Vandag is ons denke nog steeds in kompartemente. Meeste dink dat hulle, wat nie in ons kompartement is, nie die saligheid kan beêrwe nie. Sommige kompartemente is Luthers, ander Calvanisties, ander Oterdoks, ander charismaties….. Almal het een ding in gemeen, en dit is dat elkeen sy eie reëls het waaraan die eindtyd gemeet word. Gelukkig is daar ‘n groep in elke oortuiging met n gemeenskaplike maatstaf, die maatstaf van die Heilige Gees. Wanneer jy deur Heilige gees gelei word sal jy nie ‘n spotter word nie maar in afwagting lewe, lees gerus die hele 2Petrus 3 vir konteks:
II PETRUS 3:13-14 AFR53
[13] Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. [14] Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.
Die tekens van die tyd is daar, duidelike as ooit tevore. As, jy dit nie raak sien nie, vra hoekom so. Indien jy dit raak sien, berei voor. Dit is nou die tyd om deur gebed in noue verhouding met die Heilige te lewe.
Genade en Vrede vir jou. David