Tema : Vuur
Goeie dag.
Daar is gedeeltes in die Woord wat ‘n uitdaging vir elke gelowige is. As ons Efe 6 lees is Paulus se woorde amper vir ons abstrak, en ons lees dit sonder om te verstaan.
EFÉSIËRS 6:12 AFR53
[12] Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Ons neem kennis daarvan, maar daar is min wat die stryd regtig beleef. Daarom maak baie dit af as iets van die verlede. Tog vind ons ‘n praktiese voorbeeld daarvan in :
LUKAS 10:17-19 AFR53
[17] En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. [18] Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. [19] Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
Uit die konteks is dit duidelik, dat Jesus nie van pofadders, geelslange of derglike diere praat nie, maar van die koninkryk van Satan. Of ‘n mens die Woord glo al dan nie, die geestes wereld bestaan. Dit het ‘n invloed op jou lewe. Die Woord gee aan ons die kennis en mag om die bose te weerstaan. Indien jy die raad in die Woord ignoreer is jy blootgestel.
Die bose het ‘n vurige haat teenoor kinders van God, juis omdat hul werke en planne verydel kan word, deur die gesag van gelowiges in Jesus Christus. Dit is nie Hokus Pokes (Disney) of Harry Potter verhale nie maar n werklikheid. Die mate van gesag waarmee jy in Jesus naam kan optrede, hang af van die mate van vuurkrag in jou binneste af.
Toe die dissipels nie ‘n kind gesond kon maak nie het Jesus hul geantwoord dat hul moet vas en bid (Mark 9:29). Ek kan nie vir U praktiese voorbeelde gee in vandag se lewe nie. Die rede is nie omdat dit nie voorkom nie, maar omdat soveel kan aanstoot neem. Indien jou lewe geplaag is met teëspoed op watter vlak ook al, bid dat die Here aan jou die oorsaak openbaar. Dis baie moontlik dat dit die bose is wat jou tee staan.
Genade en Vrede vir jou. David