Tema : Blootgestel.
Goeie dag.
Wie van ons het nie as kind met ‘n fiets gery, op ‘n koue oggend nie. Jy hoef nie te vertel wat gebeur met jou hande en ore nie, pynlik. Hul wat in ma se motor skool toe gekom het, deel nie die ondervinding nie. Die omgewing waarin jy is bepaal jou mate van blootstelling. Dit is netso op geestelike gebied. Daar is ook figuurlike warm en koue gebiede wat die mens beinvloed. Daar is skuilplek vir die mens by die Here:
PSALMS 91:1 AFR53
[1] HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige…..
Lees gerus Ps 91.
Wanneer die mens op die nou pad van die Woord bly, hoef jy niks te vrees nie. Hy is ons Verlosser, bewaarder, Heil, geneesheer en al die ander mooi belofte in die Woord. Selfs jou hare is getel. Daarom kan ons leef sonder enige vrees. Vrees is ongeloof in die Woord, God se beloftes.
Al wanneer jy blootgestel is, is wanneer jy met sonde in jou lewe leef, of na ongeoorloofde plekke gaan. Daar is baie plekke wat baie onwys is om te besoek. Dit is plekke wat die bose se grond gebied is. Om plekke te noem sal baie aanstoot gee, laat die Heilige Gees jou lei. Ek persoonlik sal nie oosterse tempels en vreemd aanbiddings plekke besoek nie, al is dit geskiedkundige geboue. Dit is raadsaam om die Here te vra of jy seker plekke kan besoek voordat jy dit besoek. ‘n Mens kan jouself blootstel deur onverskilige optrede. Na my mening is dit ook in sulke gevalle waar Jak 5 geld:
JAKOBUS 5:15-16 AFR53
[15] En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. [16] Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
Baie gelowiges het het al in onkunde, hulself blootgestel en ly agv daarvan. Mag elkeen met vrymoedigheid die Here se stem in die saak vra. Ken Hom in al jou weë dan sal Hy jou paaie gelyk maak (Spr 3:6).
Genade en Vrede vir jou. David