Tema : Eer
Goeie dag.
I KRONIEKE 16:8-11, 14, 23, 28-29 AFR53
[8] Loof die Here, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend! [9] Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders. [10] Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die Here soek, bly wees. [11] Vra na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
[14] Hy, die Here is onse God; oor die ganse aarde is sy oordele.
[23] Sing tot eer van die Here, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag.
[28] Gee aan die Here, o geslagte van die volke, gee aan die Here eer en sterkte. [29] Gee aan die Here die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die Here in heilige gewaad.
Hierdie lofprysinge kom uit hart van koning Dawid, tydens die bring van die verbondsark na Jerusalem.
Met die Nuwe Testamentiese bedoeling, kan ons daagliks hierdie vreugde ervaar. Dankie tog dat ons nie meer slag goed na ‘n tempel moet vat om geoffer te word nie. Dit was waarskynlik erge moeite en fustrasie. Vandag kan elkeen persoonlik in hul persoonlike aanbiddings plek (prayer closet) met gemak lof en dank offers bring. Hier kan die teenwoordigheid van die Heilige Gees jou versterk en aanraak. Hier ondervind ons die bonatuurlike vrede en heiligheid van die Here. Paulus beskryf die plek waar jy in die gees gaan as volg:
HEBREËRS 12:18-20, 22-24 AFR53
[18] Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm [19] en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie — [20] want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as ‘n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ‘n pyl neergeskiet word.
[22] Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele, [23] by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, [24] en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.
Hoedanig dan moet die eer heiligheid en respek by ons aanwesig wees in ons aanbidding nie.
Genade en Vrede vir jou. David