Tema : tweespalt
Goeie dag.
In 2 KORINTHIËRS hoofstukke 10-12 vind Paulus dit nodig, om sy apostoliese gesag te verdedig. Dit is duidelik dat hy teestand kry in sy bediening, en daar persone is wat hom graag sou wou uitgooi uit die kerk. Mens sou dink dat daar eenheid in die kerk moet wees. Daar is algemene konsensus dat dit so hoort want dit is Bybels. Tog vind ons tweespalt reg deur die beskrywing van die Nuwe Testamentiese tyd. So lees ons in Openbaring :
OPENBARING 2:20 AFR53
[20] Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.
Op ‘n ander plek is die leer van Bileam ook in die kerk en ook die leer van Nikoaliete. Hierdie vals leringe in die kerk bring tweespalt. Dit is vandag soos dwarsdeur die eeue nog steeds die geval. Ons sien dit daagliks om ons, en beleef dit aan eie bas.
Die Woord handhaaf die volgende siening:
MATTHÉÜS 18:7 AFR53
[7] Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.
Geloofs verskille tussen gelowiges is onafwendbaar en noodsaaklik, sodat daar egtheid van geloof behou kan word. Geloofs oortuigings moet aan die hand van die Woord getoets word, soos die gemeente van Berea in Hand 16. Sal dit nie beter wees om verskille konstruktief te hanteer, sodat geloofs eenheid nie skade lei nie. Is die nie ideaal, dat verskille opgelos word deur gebed en die Woord. Deur gebed kan wat reg is oorwinning behaal:
II KORINTHIËRS 10:4-5 AFR53
[4] want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, [5] terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
Een mens kan nie ‘n ander oortuig van ‘n standpunt met driftige argumente nie, maar kan ‘n ander wen vir Christus deur gebed. In gebed is daar oorwinning, oor jouself maar ook oor vals leringe.
Genade en Vrede vir jou. David