Tema : Scam
Goeie dag.
Vir die taal purist, slenterslag. Dit is verbasend hoeveel mense kry groot skade deur dat hul met ‘n slenterslag uitgevang word. Dit word nie aan die klok gehang nie, want mens is saam kwaad. Die tragedie is dat dit nie net in die sekulere wêreld gebeur nie, maar ook in die kerk. Dit is hartverskeurende dat siele ‘n slenterslag evangelie verkondig word, wat nutteloos is vir redding. Jesus waarsku aanhoudend in die Woord teen misleiding, misleiding, misleiding. Misleiding se vrug is die hel, hard maar ongelukkig waar. Die ware evangelie se vrug is die ewige lewe saam met Christus, en ‘n aardse lewe van goeie vrugte.
GALÁSIËRS 5:22 AFR53
[22] Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Diegene wat sulke vrugte dra het navolgers; eerstens in hul gesinne, dan by hul werk, ook in die samelewing in breë.
Vele getuig daarvan dat hul die Here dien, omdat hul ouers dit gedoen het, soos Timoteus. In ‘n ware gelowige se lewe, is daar orde, dissipline, balans, werksywer, betroubaarheid , eerlikheid, vreugde en vele ander kwaliteite. Hierdie eienskappe word met woord en daad aan kinders en ander oor gedra. Hul wat net ‘n godsdiens aanhang, het nie dieselfde impak nie. So byvoorbeeld is daar dikwels ‘n misverstand oor die term “die Here voorsien” . Help my as ek verkeerd is maar nerens is die besluit dat die mens in die sweet van sy aangesig brood sal verdien, opgehef nie. Inteendeel die Woord skrywe:
PREDIKER 9:9-10 AFR53
[9] Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son — al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son. [10] Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want……
Christus het gekom om ons van ons sonde te verlos, nie van ons verantwoordelikheid nie. Hierdie punt is belangrik.
Is dit nie aangenaam as die vrug van jou lewe soet is nie, maar gal andersins. Laat ons waak en bid teen misleiding op alle gebiede.
Genade en Vrede vir jou. David