Tema : Vreugde
Goeie dag.
Het u ooit al die lewensvreugde van jong hond dopgehou. Dit jaag sy eie stert en hardloop uitbundig as jy ‘n stok vir hom gooi, of is sy baas se skaduwee, en waai byna altyd sy stert.
Vreugde en vrede loop hand aan hand. ‘n Ontevrede mens kan nie vrede in die hart hê nie. Vrede is nie enkelvoudig nie maar het verskeie aspekte in die lewe. Dit raak verhoudings, welvaart, gesondheid, Geloof,…..
Die bron van ware vrede is Christus.
JOHANNES 14:27 AFR53
[27] Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
II THESSALONICENSE 3:16 AFR53
[16] En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!
Werklike vrede lei tot blydskap en vreugde. Nie ‘n oppervlakkige gevoel nie, maar ‘n belewenis uit jou diepste wese. Dit is nie positiewe denke nie, maar ‘n energie van lewe wat uitborrel, strome van lewende water.
JESAJA 57:15 AFR53
[15] Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.
Dit is onbegryplik dat die staande uitnodiging van die Here ignoreer word. Hy roep na die mens om na Hom te kom, al vanaf Adam en Eva se val. Deur die eeue het die roepstem nooit stil geraak nie, en sal ook nooit stil raak nie, tot aan die voleindig van die wêreld. Die roepstem is nie daar terwille van God nie, maar terwille van die mens. HY wil Sy lig laat val op elke aspek in’ n mens se lewe, ook daar waar donker geheimenisse. Daar waar duisternis en seer is wil Hy lig, genesing, Vrymaking en uiteindelik vrede en vreugde bring. Sy ideal vir jou is lewensvreugde hier en ‘n ewige lewe in SY teenwoordigheid. Moenie talm nie, Hy wag met oop arms. Dit is so eenvoudig soos verloën jouself en roep Hom aan en volg Hom. Kom ons bid vir ware lewensvreugde in elke mens se lewe.
Genade en Vrede vir jou. David