Tema : Reis
Goeie dag
Om te reis is opwindind maar is nie sonder spanning, gevare en ongerief nie. Moderne reise vereis paspoorte, visums, gewigsgrense op bagasie, soms inentings, doane inspeksie, kaartjies …..
Al die moeite om by ‘n bestemming uit te kom. Hierdie proses het ‘n vaste volgorde wat gevolg moet word om die eind bestemming te bereik. As jy afwyk daarvan sal jy faal om jou bestemming te bereik en dalk selfs in die tronk beland.
Netso verduidelik Petrus ook ‘n pad wat gestap moet word. Mylpale wat bereik moet word, om die saligheid te beërwe. Onder normale omstandighede word die mens nie in ‘n oomblik gered nie. Daar is ‘n proses wat deur gegaan moet word. Dit is nie net ‘n sondaars gebed, en dan land jy in die hemel nie. Alles behalwe, dit is ‘n pynlike en moeisame proses.
Ek onderstreep van die sleutel stappe volgens Petrus in die Woord:
II PETRUS 1:4-11 AFR53
[4] waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.
[5] En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis.
[6] en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug.
[8] Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;
[9] want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.
[10] Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.
[11] Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Ten minste agt voorvereistes op die reis na die ewige koninkryk. Kom ons bid dat gelowiges tot die volle insig sal kom om die ewige lewe te beërwe.
Genade en Vrede vir jou. David