Tema : Gedagte wêreld
Goeie dag.
KOLOSSENSE 3:2 AFR53
[2] Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Die mens se gedagte wêreld is ‘n reële ruimte wat parallel bestaan aan die fisiese wêreld. Om eenvoudig te stel, dit is ‘n werklike plek in die geestes ruimte. Ter illustrasie sê Jesus as ‘n man na ‘n vrou kyk en haar begeer het hy reeds gesondig(Mat5:28). Selfs wanneer ‘n boek gelees word beweeg mens na die geestes wêreld van die skrywer. Die emosies van die verhaal raak jou eie emosies, hartseer, weersin, spanning ens. Boeke, sosiale media, TV programmer ens kan goeie bronne van motivering wees maar ook ongelukkig ‘n bron van negatiewe gedagtes en gevoelens. Die Woord waarsku “bewaar jou hart bo alle dinge want daar lê die oorsprong van die lewe. Die hart is jou denke, wat later jou waardes en aksies word.
Almal ken die uitdrukking: ” diep in gedagte “, dan is jy waar jou gedagtes is. Netso beweeg ‘n mens in aardse geestes ruimtes in, wat bepaal word deur dit waarmee hul gedagtes besig is. Meestal is dit noodsaaklike aardse en negatiewe ruimtes.
Wanneer ‘n mens dan wil bid moet jy uitlig uit die aardse ruimte en oorgaan na die ruimte van die koninkryk van God. Om deur te breek neem tyd en poging. Daar is dinge wat jou gebede kan verhinder om by God uit te kom. Die vernaamste is onverwerkte sonde in jou eie lewe. Daar is ook ander hindernisse soos stuweling in die huwelik, geeste in die lug (Gal 6), verkeerde geloofs oortuigings, werk gedagtes, ens.
Vir ‘n goeie gebeds lewe is dit noodsaaklik om daar uit te beweeg. Daarom leer die Woord dat jy in jou binne kamer moet bid, in die geheim. Daar waar jy die totale fokus van jou mens wees tot God kan rig. Waar jy totaal vry kan wees van alle bande van menslike aanvaarbare gedrag. Daar kan jy huil, spring, dans, roep, sonder om jou te skaam. In jou binne kamer kan jy waarlik vry wees. Dit is hier waar ‘n mens se gedagte wêreld uitstyg bo die tydelik en die lewe, na ‘n hemelse dimensie. Hier sal jy die Here ontmoet met gejubel.
Genade en Vrede vir jou. David