Tema : krag
Goeie dag.
Jesus se Woord was ‘n Woord met gesag. Ons lees hoe die skare hom ervaar het:
MARKUS 1:22 AFR53
[22] En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.
Hierdie gesag was ook by die 70 dissipels wat Hy in pare uit gestuur het. Hul kom getuig daarvan :
Toe Hy sy dissipels uitstuur het hul terug gekom en getuig van die gesag wat by hul aanwesig was.
LUKAS 10:17 AFR53
[17] En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.
Paulus getuig ook van krag in sy prediking:
I KORINTHIËRS 2:4 AFR53
[4] en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,
In Effesiers 6 word die wapenrusting van die gelowige beskryf. ‘n Vet, onfikse soldaat is pateties, ongeag sy wapenrusting. Paulus beskryf hierdie wapen rusting gegrond op ‘n Romeinse soldaat wat op die toppunt van fiksheid, fisies en geestelik was. Gaan lees gerus wat hul oefenroetine was, uiters moeilik.
In HEBREËRS 11 vind ons getuienis van die geloofs helde, se fisiese en geestelike uitdagings. Hul het die byna onmoontlik oorkom deur hul geloof en uithou vermoë. Hul was kragtige mense. Almal aan gedoen met krag deur die Here in geloof. Die uitstoring van die Heilige Gees in HANDELINGE 2 se hoofdoel was, om die gelowiges toe te rus met krag, nie om in tale te kan spreek nie. Wat is die waarde van ‘n gelowige sonder krag? Kan hul getuienis ‘n verandering bring, of is dit net woorde sonder dade. Jesus het dit goed gedink om gelowiges toe te rus met die krag van die Heilige Gees voordat Hy hul uit gestuur het om die Evangelie te bring. As krag so belangrik is vir gelowiges, hoe maak die Here voorsiening daarvoor?
Deur gehoorsaamheid (Hand 5:32)
Deur te vra (Mat 7:11)
Deur hande opleging(Hand 8:17)
Deur om op hom te wag (Jes 40:31 )
Sonder krag van God in jou lewe sal jy nie staande bly nie.
OPENBARING 12:11 AFR53
[11] En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
Genade en Vrede vir jou. David