Tema: Groei
Goeie dag.
Nadat Jesus se dissipels ‘n tyd hom gevolg het, het Hy hul uit gestuur as sendelinge. Hul het hulle nuwe autoriteit ontdek en beleef waarin Hy hul aangestel het.
Hul bemagtiging was :
MATTHÉÜS 10:8 AFR53
[8] Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
Die resultaat en hul verbasing kan ons sien uit hul getuienis:
LUKAS 10:17 AFR53
[17] En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.
Dieselfde outoriteit is die deel van elke gelowige.
MARKUS 16:17-18 AFR53
[17] En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, [18] slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
Glo jy dit of nie? Indien jy dit nog nie beleef het nie, stap uit en probeer dit. Dit kan in die privaatheid van jou binne kamer geskied. Elkeen weet van nood in hul vriende kring, begin daar. Begin met ernstig gebed vir ‘n onmoontlik saak soos siekte, nood, gebrek of iets dergliks. Bid todat jou gebed verhoor word of die Here jou antwoord. Dit is nie n ligte gebed nie maar met trane en smeking. Bid todat jy ervaar die Here verhoor jou, al sien jy dit nie onmiddelik nie.
Wanneer die tyd kom wat die wonderwerk gebeur sal jy ‘n toe skouer wees, wat geen erkenning van mense sal kry nie. Maar jou hart sal spring van blydskap en jou lippe, God verheerlik en die eer aan Hom gee. Eendag sal Hy jou beloon as goeie en getroue dienskneg.
Bid vir iemand spesifiek vir ‘n wonderwerk in die persoon se lewe. Moenie jou wil in ‘n ander persoon se lewe probeer af forseer nie, dit is toordery, maar vra vir God se seën, in hul lewe in elke vorm ook al. Al beantwoord die Here nie jou gebed nie, jy sal geen verleentheid beleef nie omdat dit in jou binne kamer was tussen jou en Hom. Hy sal dan iemand anders op jou hart lê. Moenie dat die bose jou oortuig die belofte is nie vir jou nie, Dit is vir elke gelowige. Jy sal die vervulling daarvan in jou lewe beleef en jou geloof groei daardeur.
Genade en Vrede vir jou. David