Tema : Eer
Goeie dag
Gebed is die een aktiwiteit wat meestal alleen gedoen word. Dit is ‘n gesprek tussen ‘n mens en die Here. Dit is ‘n plek van totale vrymoedigheid, waar jy veronderstel is om jou hart oop te maak. Die Here weet alles omtrent ‘n mens, jou emosies, handelinge, motiewe, ens. Daarom behoort mens met die wete gebed benader.
Wees heerlik en openlik oor jouself voor die Here, Hy ken jou sit, opstaan en alles oor jou. Mens behoort in swakheid na die Here te kom, help nie om met n vroom houding Hom te nader nie. Daarom is daar geen plek vir hoogmoed in gebed nie. Niemand kan roem oor gebeds-verhoring nie, net dankbaar wees. Roem en hoogmoed oor persoonlike gebed is onmoontlik, want daar is geen manier wat dit verifeer kan word nie. Net die Here kan jou erkenning gee oor die goeie werk wat in jou gebeds kamer gedoen word. Eendag sal Hy jou daarvoor vergoed. Op aarde sal gebeds arbeid altyd n geheim bly.
PSALMS 115:1 AFR53
[1] Nie aan ons, o Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.
Hierdie Psalm druk effektief uit wat geheime gebed se fokus is. Gebed gaan nie oor jou as persoon nie, maar om God se koninkryk. Daarom bid ons daagliks, “laat U koninkryk kom”. Dit is seker hoekom gebed die ongewildste is in die algemene samelewing. Gebed is nie ‘n tasbare belewenis nie maar op ‘n emosionele, geloof en geestes vlak. Dit kweek ‘n absolute vrede en vertroue in die Here, ‘n plek van rus. Dit begin die dag, dit loop deur die dag, dit eindig die dag, dit loop deur die nag. Volhardende gebed is ‘n wierook in die hemel. Laat God daardeur verheerlik en geeër word.
Genade en Vrede vir jou. David