Tema : Oorsig
Goeie dag.
‘n Mens se liggaam word binne nege maande gevorm, wat ‘n meesterstuk is, as daar gedink word aan die kompleksheid daarvan. ‘n Goddelike wonderwerk. Die vorming van die siel neem egter ‘n leeftyd. Baba, kleuter, peuter, tiener, skool, gesin ens, verskillende fases met verskillende uitdagings. Alles opleiding en opvoeding om ‘n waardestesel en vaardighede daar te stel. Om dit nog meer kompleks te maak is daar nog die emosionele en geestelike ontwikkeling wat voordurend plaasvind.
Alles saam vorm ‘n eenheid wat ‘n mens se finale lot bepaal. Finale lot in terme van waar die mens die ewigheid sal deurbring. Hierdie proses word sterk op die kultuur gebasseer waarin opgegroei word. In die moderne Westerse kultuur is die lewenswaardes sterk basseer op ‘n Judaisties-Christen waarde stelsel. Hier is konsepte soos links en regs denkende, en liberaal en konserwatief geskep om die mate van afwyking of behoudenheid vanaf hierdie waardestesel te beskryf. Deur die verkerstening van ander kulture is hierdie waarde stelsel versprei.
Hierdie is ‘n vereenvoudige beeld van ‘n baie komplekse gebeure. Vir ons as gelowiges bly die taak om in elke generasie ‘n wêreld beeld ( waardestesel) te verkondig soos deur God gegee, te verkondig. Sy waardestelsel word aan ons gegee in die Woord, die Bybel. Dit is meer as ‘n wettiese voorskrifte, wat beperk is, omdat dit kragteloos is om verandering te bring, deurdat dit slegs ‘n maatstok van reg of verkeerd is, wit of swart. Daarom het God die wysheid, literatuur aan ons gegee, om met oorleg en kennis te leef. Die wysheid is nie wettiese en voorskriftelik nie maar plooibaar om verskillende situasies te hanteer om met genade en oorleg rigting te gee. Dit bring die lewens ervaring wat beleef en gelouter is aan die mens. Hierdie beginsel sterk deur die hele Woord maar is veral versamel in die boeke SPREUKE, PREDIKER, HOOGLIED.
Hul is die maatstaf van die waardes wat ons in glo, waarteen ons ons oortuigings gemeet moet word. Kom ons stap n pad saam deur hierdie rykdom van kennis en wysheid.
Genade en Vrede vir jou. David