Tema : Tug 1
Goeie dag.
SPREUKE 1:1-2 AFR53
[1] DIE spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, [2] om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,
Wysheid, tug en insig is onafskeidbare entiteite. Die een vloei in die ander in sonder om sy eie uniekheid prys te gee. Van hierdie drie lyk dit asof tug die onaangename gebeurtenis is. JAKOBUS deel met ons die insig:
JAKOBUS 2:20 AFR53
[20] Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?
Netso, is wysheid en insig sonder vrug, as dit nie’n werk verrig en iets bereik nie. Wat is die nut van wysheid en insig as dit nie ‘n toegepassing het nie.
Om tug te sien as straf is totaal en al verkeerd. Tug se doel is tasbare en voelbare korreksie, met die oog op rehabilitasie. In ander woorde, straf op so ‘n wyse dat ‘n persoon se gedrag verander, vanaf ‘n verkeerde na ‘n korrekte optrede, sonder om die persoon af te breek. Daarom stel die Woord dit duidelik
HEBREËRS 12:6 AFR53
[6] want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
Christus het nie gekom om te veroordeel nie, maar om te red. As die Here dan uit liefde tug toepas, is dit ‘n logiese afleiding dat tug ‘n positiewe aksie is. As die Woord ons dan wil leer om tug te ken, beteken dit dat ons tug sal erken en omhels.
Dit beteken as jy in jou ware situasie vasgevang is, moet jy nie met wanhoop vervul word of die bose blameer daarvoor nie. Die Here wil jou insig en kennis gee, oor die maatstawe en pad wat Hy van jou verwag om aan te voldoend. Hy sal jou verdruk, as jy ‘n egte kind is, todat jy aan Sy vereistes voldoen. Die vrug van Goddelike verdrukking, swaarkry is egtheid van geloof. Die weergebore kind van die Here staan nie onder die wet nie, maar leef in geloof en genade. Daarom is die Bybels wysheid nie wetties nie, maar riglyne van reg en verkeerd wat met insig toegepas moet word. Paulus stel dit so duidelik as hy sê:
GALÁSIËRS 3:24 AFR53
[24] Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.
Dit is kritiese noodsaaklik vir elke gelowige on tug te verstaan en God se maatstawe te ken, anders sal jy mislei wees.
Genade en Vrede vir jou. David