Tema : Tug 2
Goeie dag.
Dit is ‘n baie harde woord dat ‘n persoon wat nie verdrukking of moeilikheid kan verdra, terwille van geregtigheid nie, is nie waardig om in die koninkryk van God in te gaan nie. Dit is ‘n boodskap dwarsdeur die Woord. Dit word ook illustreer met die Jode wat uit Egipte bevry is van slawerny. Hul was so gemaklik en tevrede met hul ellende, dat elke karakter toets wat hul gekry het gefaal het. Waar swaarkry die beste uit hul moes haal. Hulle het gekerm en murmureer in plaas van vasberadenheid, vreesloosheid, beslistheid, determinasie en die eienskappe wat nodig is vir oorwinning. Ons sien ‘n totale ander ingesteldheid by die skrywer van Ps 119. Dit is duidelik dat hy die werking van die Here in sy lewe omhels en waardeer.
PSALMS 119:66-68 AFR53
[66] Leer my ‘n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie. [67] Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord. [68] U is goed en doen goed; leer my u insettinge.
Hy het die tug lief, want hy besef dat dit tot sy eie Heil is. Die Here laat nie toe dat jy bo jou kragte versoek word nie. Dit beteken egter nie dat jy nie getoets sal word tot op dié uiterste nie. Met die opleiding van soldate word hul wat vir spesiale magte oorweeg word eers aan sielkundige toetse onderwerp. Net hul wat van spesiale stofasie is word gekies vir opleiding, die ander gaan huistoe. Laat mens dink aan die Woord:
MATTHÉÜS 22:14 AFR53
[14] Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Die Woord raak nog harder:
HEBREËRS 12:7-8 AFR53
[7] As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? [8] Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
Dit is ‘n groot tragedie, dat die mens so maklik aanstoot neem as hul nie in watte hanteer word nie. Dit reflekteer in die prediking. Predikers moet hul verskyning maak vir die Woord wat die Here aan hul gegee het vir die gemeente. Leer die Woord ons nie:
HEBREËRS 4:12 AFR53
[12] Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes, van die hart.
Mag elkeen van ons egter kinders wees.
Genade en Vrede vir jou. David