Tema: Tug 3
Goeie dag.
Psalm 103 is ‘n loflied aan God, oor Sy genade en goedertierenheid wat Hy bewys, aan die wat Hom vrees. Lees dit gerus om die omvang van Sy liefde en genade tot die mens te verstaan. Een van die baie verse:
PSALMS 103:11 AFR53
[11] Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.
Hierdie boodskap van Sy liefde strek dwarsdeur die Woord. Selfs tot aan die einde van hierdie geslag wanneer Sy oordele oor die wêreld kom, sien:
OPENBARING 3:19 AFR53
[19] Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
Tog is die Here se genade nie onuitputlik nie, al wil die mens graag so glo. Die mens moet hom bekeer van sy sondige lewe tot God en gehoorsaam wees aan die Woord, om begenadig te word. Daar kom ‘n stadium waar die Here Homself weg draai van die mens af, as die mens volhard in ongehoorsaamheid. Daar is ‘n tyd van genade en waarskuwing tot bekering:
OPENBARING 2:22 AFR53
[22] Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.
Daar is kom ‘n tyd waar genade vervang word, met afkeuring en oordeel:
JEREMIA 14:11-12 AFR53
[11] Verder het die Here vir my gesê: Bid nie vir hierdie volk ten goede nie. [12] As hulle vas, luister Ek nie na hulle gesmeek nie; en as hulle brandoffer en spysoffer bring, het Ek in hulle geen behae nie; maar deur die swaard en die hongersnood en die pes maak Ek hulle tot niet.
NÚMERI 23:19 AFR53
[19] God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
Uit die geskiedenis leer ons van Sodom, Gomorra, Israel en ander waaroor die toorn van God ontvlam het. Dit het vernietingende gevolge gehad. Dit is noodsaaklik om te besef dat tug se doel is om die mens tot gehoorsaamheid te beweeg. Daarteen kan die toorn van God ontvlam, oor volgehoue eiesinnigheid en ongehoorsaamheid. Hierdie wete behoort ‘n gesonde vrees van God in elkeen se lewe te bring.
Genade en Vrede vir jou. David