Goeie dag.
Tema : Tug
Jesus moes die oortuiging dat siekte, die eksklusiewe gevolg van sonde is, kom weer lê.
JOHANNES 9:3 AFR53[3] Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.
Lewens-styl siektes is nie tug van die Here af nie, maar die gevolg van misbruik. Voorbeelde is: sedeloosheid sondig teen die liggaam, so ook rook, dwelms, vetsug, ens. Die mens kan nie die Here blameer vir die gevolge daarvan, en dit sien as tugtiging nie. Sonde het egter wel ‘n invloed op die gesondheid van mense.
JAKOBUS 5:16 AFR53
[16] Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word…..
Verwyder die oorsaak van siekte dan herstel die liggaam. Omdat tug uit liefde geskied, is dit beheernd en beperk. Dit is nie voordurend en vernietigend nie. Dit is duur nes ‘n tydperk soos droogte, springkane, peste ens.
In die Ou testamentiese tyd, was die ekonomie, hoofsaaklik landbou gedrewe. Die tug was hierop gerig. In vandag se samelewing is landbou ‘n baie kleiner deel, maar die natuur dien steeds as tug middel. Soos in die landbou kan die Here jou tug met ‘n droogte in jou salaris wat nie groei nie, of ‘n motor wat gedurig breek, of net algemene teëspoed. Dikwels gee ons valslik die bose die skuld hiervoor, maar dit is in werklikheid tug. Die wet: wat jy saai sal jy maai, geld veral vir gelowiges, omdat hul ‘n verwagting van seën koester. Wanneer gebede nie beantwoord word nie, en dit swaar gaan, mag die Here gevra word na die oorsaak.
Swaarkry is nie noodwendig tug nie. Lazarus was ‘n bedelaar, wat aan die boesem van Abraham die ewigheid deur bring, terwyl die rykman hel beleef in die doderyk (Lukas 16).
Wat n besondere seën is dit nie, dat die Here die eenvoudige gekies het om hom te dien, waarvan ek en ander deel kan wees.
I KORINTHIËRS 1:27 AFR53
[27] maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;
Deur wysheid en insig kan tug verstaan word, maar ook die voorreg om sulke hemelse insig te verkry. Kom ons omhels die wysheid en tug wat uit die Woord kom.
Genade en Vrede vir jou. David