Goeie dag.
Tema : Voordeel
Daar is darem min dinge so lekker as om by ‘n vuur te staan op ‘n ys koue dag wat jou warm maak. Netso verander die Woord op onsigbare manier die mens wat dit met ‘n ontvanklike gemoed lees. Die Woord is lewend en bring lewe in die mens se duisternis. Daar is ‘n belofte wat vir elke mens toeganklik is met die lees van Spreuke:
SPREUKE 1:4-5 AFR53
[4] om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg; [5] laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,
Dit verander ‘n eenvoudige mens na ‘n skrander mens, gee kennis en oorleg, vermeerder insig en bring verstandigheid. Is dit nie alle mense se hartsbegeertre om met verstand deur die lewe te gaan nie. Hier in SPREUKE is dit gratis om te vat vir jouself, ‘n geskenk van die Here. Al wat dit vra is om dit voordurend te lees en jou eie te maak. Dit beteken dat niemand ‘n verskoning kan maak om nie voordurend te groei in hul denke nie. Hierdie groei is blywend en bring vergoeding en eer. Dit is ewigheid kennis wat nooit verouder nie, deur al die eeue toepaslik gebly het. Dit is die fondasie van suksesvolle beskawings. Wanneer hierdie waardes verval in ‘n samelewing, verval die samelewing.
Vir die gelowige is dit die gebou bo-op die fondament Jesus Christus. Dit is ‘n lamp op die voet en ‘n lig op die pad. Dit is vol beloftes van die positiewe resultaat van wyse handelinge. Die raad word nie gegee in die vorm van streng bevele nie, maar as goeie raad wat sag op die oor val. Dit kontrasteer die gevolge van ‘n wyse lewenswyse met die van ‘n slegte lewe. Die sotheid van ‘n dwaas in teenstelling met die begrip van die wyse. Spreuke gee die beginsel van ‘n voorspoedig lewe vir almal wat dit graag wil weet. Dit bring voordeel in alle mense se lewens wat dit volg. Laat dit ingrafeer word op die tafel van jou hart, dit moet jou automatiese natuurlike ( default) reaksie in die lewe word. Mag elkeen se hart oop wees om uit SPREUKE te leer.
Genade en Vrede vir jou. David