Goeie dag
Tema: God’s word
Die God’s Word vertaling, gee ‘n akkurate beskrywing van wysheid:
Proverbs 1:7 GW
[7] The fear of the Lord is the beginning of knowledge. Stubborn fools despise wisdom and discipline.
Om God te vrees is baie meer as om vir Hom bang te wees. Bang is enkelvoudig, soos om vir ‘n groot hond bang te wees. Godsvrese sluit ook in agting, eer, gehoorsaamheid, vertroue, aanbidding, bewondering, ens. Daarom as jy God vrees, sal jy aan Hom, onderdanig en gehoorsaam wees, ook aan Sy openbaarde Woord en wil, die Bybel. Die tweede gedeelte van bostaande vers beskryf ongelowiges as sotte, wat Goddelike wysheid en dissipline minag en verag. Hul verag die Skepper van alles en kan daarom nie gered word van die ewige verderf nie.
Godsvrese sluit ook in agting vir die strukture en orde wat Hy gestel het:
SPREUKE 1:8 AFR53
[8] My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
Die Vader in die huis wat tug en dissipline toepas en die moeder wat onderrig gee. “n Duidelike onderskeid van manlik en vroulike rolle. Een meer dominant as die ander. Die kinders wat gehoorsaam moet wees en hul ouers eer. Die vers spreek ook van betrokkenheid van beide geslagte in opvoeding. Twee rol modelle waar ‘n kind leer om te onderskei tussen die rolle. Die emosionele sagtheid van ‘n vrou en die meer manlike man. In ons moderne samelewing is ons bekend met die probleme van enkel ouerskap. Uit die vers is dit duidelik dat ouers die rigting moet gee in ‘n huishouding en opvoeding. Die media propageer gesinne waar die kinders leiding gee in die gesin, dit is rebellie teen die Goddelike orde. Die man is die primer voorsiener in ‘n gesin en die vrou die versorger.
GÉNESIS 3:16-17 AFR53
[16] Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hý sal oor jou heers. [17] En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie — vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
Genade en Vrede vir jou. David