Goeie dag.
(Tema : Verlei)
TUG 9: Verlei en mislei het beide, dieselfde eindoel en dit is om die mens te vernietig. Dit misbruik die mens se begeerte om gemak, voorspoed, en sekerheid te ervaar. Met misleiding glo die mens ‘n leun en bou daarop jou lewe. Dit is ook gedoem tot mislukking, verlies en ontnugtering. God het die wet van Moses gegee as opsomming van die beginsel van die lewe. Die wet lei die mens tot ‘n suksesvolle lewe. SPREUKE verklaar hoe om hierdie wet met wysheid en begrip uit te lewe, hoe om die wet verstandig toe te pas. Dit begin met ‘n waarskuwing om waaksaam te wees, net soos Jesus aan die begin van Sy bediening gewaarsku het teen misleiding. Spreuke steek n rooi vlag uit en waarsku : PASOP, PASOP, PASOP…
SPREUKE 1:10 AFR53
[10] My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;
Mense wat verlei word bring so ‘n toon van hartseer, as hul ‘n slagoffer word van vernietiging en die bose. Vandag meer as ooit te vore bloei mens se hart oor die vernietiging wat ongeregtigheid bring. Ons sien dit daagliks in die samelewing en word soms emosioneel voorweldig met die toestand. Jesus was ook hierdeur geraak tydens Sy tyd op aarde :
LUKAS 13:34-35 AFR53
[34] Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie. [35] Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat….
In hierdie konteks gaan dit oor Israel, maar is dit nie geldig vir elke mens nie? Die Evangelie van Jesus Christus word verkondig, maar word deur die mens verwerp en verdraai. Die gevolg is die tweede dood.
SPREUKE 1: 11-18 beskyf die misleiding argument wat die bose gebruik om die mens te vang. In moderne lewe kan ons dit beskryf as bende bedrywighede, georganiseerde ongeregtigheid, kartelle, geheime organisasies ens. Dit spreek ook van organisasies en groeperinge wat se basis boos is. Die beginsel is eie gewin en voordeel op ‘n onregverdige en liefdelose wyse. Salomo waarsku, Jesus waarsku, die Evangelie waarsku die profete het gewaarsku: Pasop vir misleiding en verleiding. Mag elkeen se gebed wees:
PSALMS 139:23-24 AFR53
[23] Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; [24] en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
Genade en Vrede vir jou. David