Goeie dag.
Tema : Gevolge
Die Woord verklaar, die Woord en bevestig Homself (Joh 1:1) . Die Woord bring liefde en herstelling terwyl die bose vernietiging en dood bring. Wanneer Salomo dan die volgende stellings maak, is dit in ooreenstemming met die wet:
EXODUS 20:13, 15, 17 AFR53
[13] Jy mag nie doodslaan nie. [15] Jy mag nie steel nie.
[17] Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie;….
Salomo beskryf die mooi verleidende woorde van dié bose wat ‘n strik stel vir die oningeligde siel. Let wel oningeligde, nie onskuldige nie, want daar is ‘n ingebore gevoel van reg en verkeerd in elke mens. Oningelig vir die lang termyn gevolge van verkeerde besluite.
SPREUKE 1:11-14, 16, 18-19 AFR53
[11] as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak, [12] laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal; [13] allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit; [14] jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê —
[16] want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;
[18] so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor. [19] So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.
Die wet is n oog vir n oog, n tand vir ‘n tand. Dit beteken dat die ongeregtigheid wat die mens doen met veelvoud na hom toe sal terug kom. In teenstelling hiermee word goeie werke, veelvuldig word beloon.
EKSODUS 20:6 AFR83
[6] maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.
Dit beteken dat my en jou werke en dade vir onsself, maar ook vir ons kinders en hul kinders voorspoed en seën bring, solank as hul die Here volg. Dit sluit ‘n geheim in: die mens se goeie werke bring seën vir hul nageslag, maar hul slegte werke word persoonlik gestraf. Elke mens dra sy eie pak. Die mensdom groei op met ‘n gebrek aan Godsvrese dit lei direk tot losbandigheid.
Genade en Vrede vir jou. David