Goeie dag.
(Tema : Hoop)
SPREUKE 1:20-21 AFR53
[20] DIE Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine, [21] op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:
Dit is nie dat Wysheid haar self wegsteek in moeilik toegangbare plekke nie. Sy wil graag elke mens bereik, daarom roep sy in die openbaar. Daar waar mense beweeg, in die strate, op die pleine, in die poorte van die gemeenskap. Sy roep en vra deur dringend vrae :
SPREUKE 1:22 AFR53
[22] Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?
Wysheid vra nie die vrae omdat Sy nie weet wat die antwoord is nie, die antwoord op die vrae word gegee in 2 Tim 3:1-5. Die vrae toon dat die mens redeloos optree, sonder om die gevolge van hul optrede te bedink. Totaal gefokus op die hier en nou, op onmiddelik satisfaksie.
In die volgende verse toon Wysheid wat die gevolg is van die keuse om haar te ignoreer.
SPREUKE 1:26-29 AFR53
[26] daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom; [27] as julle verskrikking kom soos ‘n onweer, en julle ondergang soos ‘n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval. [28] Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie. [29] Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die Here nie verkies het nie,
Die teenoorgestelde lewe volg vir hul wat na Wysheid luister. Die Psalmis in sy wysheid uiters die volgende woorde:
PSALMS 121:1-2 AFR53
[1] ‘n BEDEVAARTSLIED. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? [2] My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het…….
Hier is ‘n mens wat geantwoord het op die stem van Wysheid se roepstem. Hy het ware lewe ontdek wat Wysheid bring. Daarom het hy vertroue in dat die Allerhoogste, sy hulp en redding is ongeag wat rondom Hom gebeur. Die Psalmis leef in hoop en verwagting, sonder vrees wat rondom Hom gebeur. Hy het ‘n innerlike versekering oor die ewige lewe met die Here.
Genade en Vrede vir jou. David