Goeie dag.
Tema :Die loon
EFÉSIËRS 2:8 AFR53[8]
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie.
Dit is die gawe van God; Dat hierdie genade net vir ‘n tyd geld, is duidelik uit die geskiedenis. Israel in woestyn, Sodom en Gomorrah, sondvloed,….. Dit is nie dat God nie die mens wil red nie, maar die mens wat Hom verwerp:
SPREUKE 1:24-32 AFR53
[24] Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie, [25] en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,
[26] daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom;
[27] as julle verskrikking kom soos ‘n onweer, en julle ondergang soos ‘n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.
[28] Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.
[29] Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die Here nie verkies het nie,
[30] van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,
[31] daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.
[32] Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde;
Sonde lei tot vernietiging. Dit is soos om jou hand in die vuur te steek, jy sal brand, daar is geen argument daar omtrent nie. Wanneer mens kyk na die vernietiging wat sonde bring is dit onmoontlik om nie emosioneel daardeur geraak te word nie. Die vernietiging is sodanig dat n mens nie dit wil sien of bedink nie. Dit bring diepe hartseer maar ook magteloosheid omdat een mens nie vir ‘n ander kan besluit nie. Dit bring net een gebed uit. Kom Here Jesus kom gou, bring U koninkryk op aarde.
Dit is baie erg om te dink, dat daar ‘n tyd kom dat Wysheid gaan lag wanneer die mens die vrugte van sy dade pluk. Dit is vir die mens erg omdat Hy ‘n verwronge beeld van God het. Die liefde van God word verkondig, maar Sy ander kwaliteite soos heiligheid, aanspreeklikheid, regverdigheid, toorn, almag, ens word na gelaat omdat dit aanstoot gee. Mag ons elkeen die ware Here ken.
Genade en Vrede vir jou. David