Goeie dag.
Tema : Oes
Die mense wat tuin maak en boer, weet uit ondervinding dat plant, saai, snoei en ander werke ‘n geloof saak is. Jy sit in en spandeer geld, in geloof dat daar ‘n oes gaan kom. Daar is geen waarborg dat daar nie droogte, siektes of hael skade gaan kom nie.
In teenstelling met landbou, is daar in die geestelike lewe ‘n waarborg van die Here dat ‘n mens se poging nie tevergeefs is nie. Die vorige verse van SPREUKE wys ons wat die mens se deel van die taak is. In die volgende verse vind ons die vrug van hierdie werk, die Here se seën in antwoord op n mens se poging:
SPREUKE 2:6-11 AFR53
[6] (want die Here gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,
[7] en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ‘n skild vir die wat regskape wandel
[8] deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);
[9] dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid — elke goeie pad.
[10] Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
[11] oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,
Dit is sulke manjefieke vrugte op jou arbeid dat ‘n mens dit oor en oor en oor moet lees om in te sink:
Jy kry wysheid, kennis, verstand, bewaring, begrip van geregtigheid, insig. Elkeen kan; is ‘n ryke begrip en seën in eie reg. Die omvang daarvan kan net deur bepeinsing en gebed begryp word. My begrip van hierdie seëninge is:
Kennis is dit wat jy weet, ken en ervaar het. Verstand is die vermoë om kennis te verkry en te onthou. Wysheid is die vermoë om die kennis wat jy het te gebruik. Dit sluit die vermoë in om afleidings te maak op grond van jou kennis en dit te kan kommunikeer. Insig is om kennis te verstaan en toe te pas.
Die Woord bevestig dit self, dat die Here hierdie gawes gee:
LUKAS 24:45 AFR53
[45] Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
EFÉSIËRS 1:17-18 AFR53
[17] dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
[18] verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet….
HY wil, soek jy daarna?
Genade en Vrede vir jou. David