Goeie dag.
Tema : Seksualiteit
God die mens gemaak na Sy beeld. Hy het man en vrou gemaak as heersers oor die aarde. God self noem Sy skeppings werk baie goed. Alle lewende wesens is geskep om voor te plant en die aarde te vul. Die vrou is as ‘n besondere mooi wese gemaak. Sy is so mooi, dat selfs engele hul begeer het (Gen 6:2). Ons lees baie in die Woord van mooi vroue, onder andere :
JOB 42:15 AFR53
[15] En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie;….
Dwarsdeur die Woord lees ons van die skoonheid van die mens. HOOGLIED spreek van die liefde tussen man en vrou. Heilig en eksklusiewe liefde wat met geen ander gedeelte word nie. Die Here gee defnitiewe riglyne oor die hierdie intieme verhouding. Hierdie verhouding is die fondament van die gesin wat die boustene van die samelewing is. Wanneer die mens buite die wil en plan vir die huwelik beweeg kom ellende. Daarom waarsku die Woord:
SPREUKE 2:16-20 AFR53
[16] om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei
[17] (wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;
[18] want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
[19] almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie).
Daar is altyd lang termyn negatiewe gevolge van ‘n ontugtige lewe. Dit raak die fisiese, geestelike en emosionele lewe van die mens. Daagliks sien ons die golf van vernietiging en gevolge van hierdie sonde in die samelewing. Dit bring oneindige hartseer, verwyt, spyt, skade en lyding.
Net die Here kan herstel bring hier. Daar is mense wat, soos Paulus was. Hul het nie ‘n behoefte aan ‘n intieme verhouding en gesin nie, maar hul is in die minderheid. Vir die ander gee die Woord defnitiewe riglyne oor gedrag en regte in ‘n verhouding. Hulle wat by die riglyne hou word beloon met ‘n vol lewe. Dink maar aan die vrou van SPREUKE 31, of die manne van TITUS 2. SPREUKE waarsku herhaaldelik teen ‘n onsedelike lewe, daarom sal ons dit dikwels lees in hierdie studie. Dit is ironies dat dit juis Salomo is wat se val deur vreemde vroue gekom het.
Genade en Vrede vir jou.
David