Goeie dag
TEMA: Waarskuwing
Ek het Vrydag oggend deurgebid en ‘n besonderse belewenis ondervind. Vir die wat nie weet wat deurbid beteken nie, verduidelik ek graag. Deurbid is gebed tot op diĆ© punt waar jy in die teenwoordigheid van die Heilige Gees kom. Jy beleef Sy Goddelike teenwoordigheid so asof daar nog ‘n persoon saam met jou in die vertrek is, tasbaar. Dit is wat werklik in effek gebeur. In die tyd het Heilige Gees my ‘n deel van Sy hart laat beleef. Die droefheid was oorweldigend en ek het gehuil soos nooit ooit tevore. Tog het ek ook versterking daarin beleef. Ek dink dit is wat die woord ween beskryf. Die boodskap wat ek gekry het is dat Jesus gaan kom, maar min van Sy kinders is reg daarvoor. BITTER MIN GAAN SAAM MET HOM. Dit is ‘n uiters ernstig waarskuwing en moet nie lig opgeneem word nie.
Die rede hoekom die Here so .n boodskap gee is om vroegtydig te waarsku teen gevaar. Sy kinders kan hul voorberei en toegewyd werk aan hul saligheid. Koning David bid:
PSALMS 139:23-24 AFR53
[23] Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; [24] en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
Dit gaan nie oor hoe ‘n mens dink oor Sy wederkoms nie, maar of jy voorberei is om die Here te ontmoet. Elkeen het ‘n persoonlike aanspreeklikheid oor wat hul met hul lewe maak.
Die Psalmis bid dat die Here oor sy lewe moet oordeel want hy vertrou nie sy eie oordeel nie. As die Here ons dan waarsku, is dit ‘n goeie tyd om te bid dat Hy ons sal ontnugter as ons onder ‘n wanindruk is oor ons status voor Hom.
Genade en Vrede vir jou. David