Goeie dag.
Tema : Terme en voorwaardes
Elke transaksie in die lewe is gekoppel aan terme en voorwaardes. Selfs as jy net winkel toe gaan is dit van krag; jy koop ‘n produk en verwag kwaliteit en ‘n seker gewig, die winkelier vereis betaling. Hierdie transaksie kan nie uit gevoer word as daar nie voldoend word aan die vereistes van beide partye nie. Netso het ons wonderlike belofte van God aan die mens, maar daar is ook terme en voorwaardes. Adam en Eva is uit die paradys gesit omdat hul God se reëls oortree het. Al die wonderlike seëninge in die Woord is vir die mens wat by God se reëls hou.
SPREUKE 3:1-8 AFR53
[1] MY seun,
Hier begin God met die mens praat in ‘n liefdes term; “My seun”
Ons spreek mense op ‘n troetelnaam aan todat ons ongelukkig is met hulle, dan gebruik ons hul naam. Die Here praat in liefde met sy kind dwarsdeur SPREUKE. In sagtheid wil hy jou leer.
Dan herriner God aan Sy sorg en opvoeding wat Hy die mens alreeds gegee het :
“vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;”
As die mens hou by God se onderwysing volg seën :
[2] want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
Weer onderrig die Here en toon hoe kosbare skat is onderrig. Dat jy dit moet koester, dit oordink en dit vir jou as versiering dien:
[3] Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,
Weereens is die loon van gehoorsaamheid pragtig:
[4] dan sal jy genade vind en ‘n goeie insig in die oë van God en die mense.
In die volgende 3 verse waarsku die Here teen eiesinnigheid en koppigheid. Enige groot bou werk of projek word deur groepe spesialiste en raadgewers beplan. Ingenieurs, argitekte, bourekenaars, aankopers, ens. Hoekom wil ‘n mens dan sy eie lewe, wat projek is vir alle ewigheid op eie kennis en insig bou. Dit maak nie sin nie, raadgewers is nodig. As jou menswees faal is daar ewige negatiewe gevolge.
[5] Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. [6] Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. [7] Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
Mag die Here ons bewaar om nugter en waaksaam ons lewenspad te stap.
Genade en Vrede vir jou. David