Goeie dag.
Tema : Gesondheid
Die waarde van ‘n gesonde lewe is onberekenbaar. Geld kan dit nie koop nie, dit is uit genade. Job maak die waarneming:
JOB 12:12 AFR53
[12] By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.
Hulle wat grassieus en waardig oud word het ‘n geheim in die lewe ontdek naamlik wysheid. As die mens eers wysheid ontdek het en die vrugte daarvan ervaar het, word dit as ‘n prioritet nagejaag. Deur wysheid kom, die regte prioriteite in die lewe. Deur wysheid weet ‘n mens dat hierdie lewe net kort en tydelik is en daar ‘n ewige lewe wag. Wysheid spreek van sy vrug, hier is drie van vele verse:
SPREUKE 3:16 AFR53
[16] In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
SPREUKE 9:11 AFR53
[11] Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
SPREUKE 3:2 AFR53
[2] want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
Maar omdat wysheid prakties is leer Hy nie net van Sy vrug nie maar ook hoe om die vrug te verkry:
SPREUKE 3:7-8 AFR53
[7] Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad; [8] dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
Daar mag besware teen net die gebruik van O. T. verwysing wees; daarom die volgende Skrif:
OPENBARING 22:18-19 AFR53
[18] Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. [19] En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
DEUTERONÓMIUM is deel van die boek. Dus lees ons:
DEUTERONÓMIUM 28:59-61 AFR53
[59] dan sal die Here oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes; [60] en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe. [61] Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie,….
Lees gerus die hele hoofstuk. Hierdie stukkie probeer nie al die vrae oor gesondheid te beantwoord nie, maar wys net op die bron van gesondheid.
Genade en Vrede vir jou. David