Goeie dag.
Tema : Manjefiek
SPREUKE 3:13-26 AFR53
[13] Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;
Wanneer ‘n kind gebore word is die ouers angstig of alles normaal is. Hierdie betrokkenheid bly dwarsdeur die lewe by ouers, wat hul kinders se ontwikkeling dophou. As kinders dan volwasse is erken die ouers, dat die sukses net ‘n seën uit genade is. Ek dink dat die Here ook Sy kinders so dophou uit liefde. Sal dit Sy kinders geluk, om wysheid te verwerf? Dit is nooit ‘n uit gemaakte saak nie, want elke mens het ‘n vrye keuse. In die volgende verse word die manjefiek waarde van wysheid beskryf. Die geskenk wat God graag aan elke mense individeel wil gee, is wysheid. Die waarde daarvan kan nie aan ‘n enkele spesifieke maatstaf gemeet word nie. Dit is ‘n pakket van kwaliteite wat wysheid bring. Hy is begerig dat elkeen hierdie geskenk sal vind.
[14] want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; [15] dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
Die lewens kwaliteite wat wysheid bring is met reg die diepste begeerte in elke mens se lewe. Dit is net jammer dat die mens dit oral soek, behalwe by die Here.
[16] In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; [17] sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede. [18] Dit is ‘n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
Die praktiese waarde van wysheid word in die volgende verse beskryf:
[19] Die Here het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel; [20] deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.
Daar is Wysheid om toe te pas in elke situasie, praktiese take, lewens beginsels, verhoudings, opvoeding, gesondheid ens.
Wysheid is tot ons beskiking, die geleentheid moet net aangegryp word.
Dit is verborge, maar ook openbaar in Sy Woord. Vir hul wat die Woord biddende bepeins en deursoek breek die Heilige Gees dit oop. Vir ander is dit ‘n geslote boek.
Genade en Vrede vir jou. David