Goeie dag.
Tema : Veiligheid
Dat ons leef in ‘n tyd van geweld, oorlog en verdrukking sal min teen argumenteer. Al die gewapende roof, skool moorde, kapings en dies haal nie eers meer die nuus nie. Die effek is dat die mens in vrees lewe en gedurigdeur op hul hoede moet wees. Kinders van die Here leef egter met ‘n wete dat die Here hul bewaar.
SPREUKE 3:21-26 AFR53
[21] My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg, [22] dan sal dit die lewe wees vir jou siel en ‘n versiersel vir jou hals; [23] dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie; [24] as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees. [25] Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; [26] want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
In bostaande verse kry ons die volgende beloftes:
1) Beleid en oorleg kom van wysheid.
2) Versiering.
3) bewaring op die lewensweg.
4) Veiligheid deur die nag.
5) Soet slaap.
6) Hoef nie bang te wees vir ondergang nie.
7) Die Here is jou vertoue
8) Die Here is jou bewaarder.
Koning Dawid skryf met vertroue :
PSALMS 3:4, 7 AFR53
[4] Maar U, Here, is ‘n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
[7] Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.
Daar is soveel gedeeltes in die Woord wat getuig van God se bewaring, te veel om te noem.
Weet u dat die Here engele stuur om ‘n laer rondom Sy kinders te trek. Dat selfs jou hare getel is.
Ken jy die geskiedenis van toe die koning van die Arameers ‘n hele weermag gestuur het om JEREMIA te vang. Hoe die Here JEREMIA se kneg se oë geopen het om die engele leërskare rondom die stad te sien. Hoe die engele die manne van Sodom se oë verblind het sodat Job en sy gesin kon vlug. As ons hierdie wysheid en kennis deel van jou gemoed en denke maak sal jy geen vrees beleef nie. “n gewilde hedendaagse lied is:
” I am no longer a child of fear, I am n child of God”
Glo dit, sing dit, beleef dat die Here jou bewaarder is. Halleluja!
Genade en Vrede vir jou. David