Goeie dag.
Tema :karakter
Die volgende paar verse uit SPREUKE spreek die karakter van die mens aan :
SPREUKE 3:27-35 AFR53
[27] Hou ‘n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie. [28] Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee — terwyl jy dit het. [29] Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.
Salomo gee vyf wyse beginsels, wat dit as dit gevolg word lei tot ‘n opbouende lewe. Hierdie manier van lewe binne die gesin, bou ‘n sterk gesinslewe. Van uit die gesin, sal dit vloei na ander buite die gesin, omdat dit deel van die gesinslede se gewoontes. Die gesegde sê; ‘n appel val nie vêr van die boom nie. ‘n Mens se volwasse en gesinslewe is gewoonlik ‘n weerspieëling van jou ouerhuis.
In die ouerhuis leer kinders om liefde te toon deur mekaar te dien, maw om weldade aan ander te bewys (V27). In die begin kan dit uit dwang wees, dan noem ons dit opvoeding. Later as dit deel raak van die kind se karakter noem ons dit liefdevol en omgee.
Vers 28 wys op ‘n sensitiwiteit wat ontwikkel moet word vir ‘n ander se nood. Nood is sinoniem met dringendheid. Dit is soos honger en dors wat gou gestil moet word anders kan dit lei tot skade. Nood moet gou, sonder uitstel aangespreek word.
Vers 29 slaan wyd. Hoe dikwels kry ons afgunstigheid binne verhoudings. Een is jaloerse op ‘n ander en gun ‘n ander nie voorspoed en sukses nie. Dit is tragies dat dit selfs binne huwelike voorkom waar die teendeel behoort te geld. Dit openbaar in die vorm van jaloersheid, aandag soek en ander subtiele maar ook vyandige maniere. Daar kan ‘n hele boek geskryf word oor hierdie onderwerp. Dit is ‘n hartseer saak om te sien hoe baie persone met groot potensiaal nooit tot hul reg kom nie, omdat ander hul teenstaan en aftrek.
Een van die mees illustreerde geval van een persoon se invloed in die van ‘n ander vind ons in Genesis. Eva het Adam gekelder en van hom ‘n arbeider gemaak terwyl God se bedoeling was dat Adam oor die aarde moes heers. Eva het in effek Adam verraai. Hierdie is ‘n tragiese waarheid wat ‘n kenmerk die sameweling is, in alle vlakke.
Genade en Vrede vir jou. David