Goeie dag.
Tema : nog karakter
SPREUKE gaan voort met nog twee aanbevelings vir ‘n postiewe karakter. Dan wys dit op die resultaat van goeie optrede.
SPREUKE 3:30-35 AFR53
[30] Twis nie sonder oorsaak met ‘n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.
Ai toggie, het ons nie al almal sulke mense tee gekom nie. Diesulkes wat altyd deur kwaad is. Dit is asof daar geen vreugde of lekker in hul lewe is nie. Nooit ‘n lied in die hart nie, word deur alles iriteer. Alles wat jy sê word opponeer, nooit ‘n ligte oomblik nie.
Die Woord gee raad aan sulke mense:
FILIPPENSE 4:4-5 AFR53
[4] Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! [5] Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. [31] Wees nie afgunstig op ‘n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.
Dit is ironies dat geweldadige mense dikwels gesien word as sterk mense, veral deur onvolwasenes. Jesus wat die sterkste mens ooit was het graf, hel en dood oorwin sonder geweld. Weereens spreek die Woord hom uit daaroor:
SAGARÍA 4:6 AFR53
[6] Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.
Ware krag kom van God af. Moses was volgens die Woord die sagmoedigste mens op aarde maar hy het Egipte met al sy gode oorwin. Paulus sê as hy swak is, is Hy sterk. Om werklik sterk te wees vereis nie geweldadigheid nie. Geweld lei net tot vernietiging, daar is niks positief daaraan nie.
Die Here is jou sterkte.
Om volgens die Woord in wysheid te lewe is soos om op ‘n goeie land te saai. Dit bring veelvuldige vrug.
[32] Want die verkeerde is vir die Here ‘n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes. [33] Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges. [34] As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade. [35] Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.
Mag ons hierdie wysheid in ons lewens uit leef.
Genade en Vrede vir jou. David