Goeie dag.
Tema : Herhaaldelik
Wanneer ‘n saak vir ons belangrik is volg ons dit gereeld op. Ons wil vordering sien en word daardeur gerus gestel. In SPREUKE sien ons hoe die Here herhaaldelik die mens maan en daarop aan dring om wysheid te bekom. Dit is nie dat Hy by die mens pleit nie, vêr daarvan af. Hy is ons Skepper en ons Sy maaksels, daarom gee Hy om vir ons. God weet wat wag op die wat nie gered word deur Jesus Christus nie. Ondenkbare smart en verskrikking vir ewig, daarom bly Wysheid roep na die mens. Nou is die welaangename tyd om na Jesus Christus te gaan en n volgelinge, dissipel te word.
SPREUKE 4:1-7 AFR53
[1] HOOR, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken; [2] want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie. [3] Want toe ek ‘n seun was by my vader, teer en ‘n enigste voor my moeder, [4] het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe. [5] Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie: [6] verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak. [7] Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
Wysheid is opbouend en bring lewe. Dit moet daagliks na gejaag word deur elke mens. Dit kan net gesoek word in stilte en stil wees: In die Woord, in die natuur, in mens wees, ens. Wanneer die mens hom nie self tyd gun, om die daaglikse laste vir ‘n oomblik neer te sit en dan stil te word, om Wysheid te hoor nie, mis hy die lewe.
ROMEINE 1:19-20 AFR53
[19] omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. [20] Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
God openbaar Homself aan die mens wat wil hoor en sien. Daar is geen verontskuldiging vir verlore gaan nie. As jy bly Nee sê vir God, gaan jou hart ongelukkig verhard tot jou eie ondergang. Hoe hartseer is dit nie om sulke mense se pyn te beleef nie.
Genade en Vrede vir jou. David