Goeie dag.
Tema : Mooi maak
In Namakwaland is daar ‘n treffend sê ding; “mooi maak” . Dit is ‘n seën wens dat die pad wat jy gaan stap voorspoedig moet wees. Dit sluit so aan by SPREUKE, dat jy die pad wat jy loop versigtig sal kies.
SPREUKE 4:14-22 AFR53
[14] Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie. [15] Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;
Dit is so asof Wysheid nie genoeg kan beklemtoon, dat die mens van die breë weg moet wegbly. Die weg is soos melaatsheid, as dit eers vat kry op jou is dit bitter moeilik om los te kom daarvan. Dit suig die mens in soos ‘n seestroom. Die adrienalien skop wat mens kry wanneer jy in ‘n gevaarlike situasie is, is verslawend. Daarom waag mense hul lewens gereeld met sport soorte soos “base jumping”. Die selfde geld vir die risiko van sonde, mense vind dit opwindend.
[16] want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot ‘n val bring nie.
Hierdie vers beskryf die simptome van verslawing aan opwinding. Hulle het ‘n honger na ongeregtigheid, in welke vorm ook al:
[17] Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.
Die pad van goddeloosheid bring sy eie bevrediging , opwinding en vergoeding. Hierdie vergoeding is egter van korte duur, dit eindig altyd in vernietiging van jouself en ander rondom jou.
Die kontrasterende resultaat van lig en duisternis is duidelik uit die volgende verse:
[18] Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe, [19] is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
Dan herhaal Wysheid weer Sy vermaning om tog ernstig oor Sy raad na te dink. Bepeins en oorweeg wat die gevolge van ongehoorsaamheid en ongeregtigheid is. Sien die verskil in uitkoms en besluit op die nou pad
[20] My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, [21] laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. [22] Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam.
Mag jy altyd mooi maak en lewe vir altyd jou deel wees.
Genade en Vrede vir jou. David