Goeie dag.
Tema : Die hart
Die mens se gedrag, optrede en reaksies is ‘n weërspieling van sy waardestelsel. Nie net oor hoe hy die wêreld sien nie, maar ook hoe hy homself en ander sien. Mense met ‘n goeie en sterk waardestesel is sterk mense. Hul kan leiding en inisiatief neem en is doelgerig en word nie maklik ontmoedig nie. Dit is die Here se bedoeling met elke mens. Daarom is Sy Woord daar, om elke mens optevoed in die absolute waardestelsel van Goddelike waarheid. Dit word in die wysheids literatuur aan die mens gegee om jou denke te vorm en te rig. Omdat dit jou alles bepaal, jou kompas in die lewe is, is dit jou kosbaarste besitting in die lewe. Daarom stel die Woord dit as ‘n absolute waarheid;
SPREUKE 4:23-27 AFR53
[23] Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. [24] Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. [25] Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. [26] Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, [27] wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
Heirdie lewens kwaliteite, soos beskryf, is nie in die natuurlike mens nie omdat hy deel is van die sondeval. Dit is die nou pad wat min mense vind. In die natuurlike mens is niks goeds te vind nie:
ROMEINE 3:10-11 AFR53
[10] soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. [11] Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.
Maar God red die mens uit sy verlore toestand en gee aan hom ‘n nuwe denke.
ESÉGIËL 36:26-27 AFR53
[26] En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. [27] En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
Hierdie kosbare genade moet met reg na waarde geskat word. Dit is die geskenk van lewe, ewige lewe wat net deur Jesus Christus beskikbaar is. Bewaar die geskenk wat van so groot waarde is dat dit slegs met Jesus se bloed gekoop kon word.
Genade en Vrede vir jou. David