Goeie dag.
Tema : Onsedelikheid
Daar is ‘n kwaliteits waarde gekoppel aan produk name. Better produkte is gewoonlik duurder omdat dit duurder is om kwaliteits produkte te vervaardig. Skelms vervals produkte en produk kentekens met nagemaakte produkte wat van lae kwaliteit is, wat hul dan as die egte produk probeer verkoop. God se produk liefde word deur die bose nagemaak met die produk onsedelikheid. Die egte produk is heilig en opbouend met positiewe vrugte van geluk en vrede. Die bose se namaaksel is welustig en vernietigend. Die egte produk het skoonheid en reinheid, die namaaksel bemark sensualiteit en ongebondenheid. Die Woord waarsku herhaaldelik teen hierdie vernietigende namaaksel van liefde:
SPREUKE 5:1-14 AFR53
[1] MY seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig, [2] dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar; [3] want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie, [4] maar op die end is sy bitter soos wildeals, soos ‘n swaard aan weerskante skerp. [5] Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe. [6] Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet. [7] Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie. [8] Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie, [9] sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie; [10] sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van ‘n uitlander kom nie [11] en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is, [12] en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad, [13] en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie! [14] Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.
Die Woord spreek vir homself en ons die vervulling daarvan daagliks rondom ons in die sameleweng sien. Tragedie op tragedie, vernietiging en gebrokenheid, trane, spyt, lyding. Net Christus kan herstel bring.
Genade en Vrede vir jou. David