Goeie dag.
Tema : Huwelik
Die hoof tema van die wêreldse media is ongebondenheid, seksuele losbandigheid, vryheid sonder verantwoordelikheid, en soortgelyke dwalings. Die liberale samelewing is in opstand teen die waardes van God vir die huwelik. SPREUKE stel duidelik dat ‘n huwelik ‘n eksklusiewe verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou is:
SPREUKE 5:15-23 AFR53
[15] Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put. [16] Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine? [17] Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie. [18] Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug — [19] die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.
Die skrywer van HEBREËRS sluit hierby aan:
HEBREËRS 13:4 AFR53
[4] Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
Die beginsel van eer is kenmerkend van geloof in God. Dit begin in opvoeding met eer jou vader en jou moeder, brei uit met respek vir lewe, vir ander se besittings, vir ander se vrou, alles uit die wet van Moses.
Waar wedersydse respek in n huwelik ontbreek, is daar onmim en afbreking. Dit geld ook in gesinne en die samelewing.
Die koninkryk van God het orde, daarom ook die huwelik omdat dit n sakrament is. Die rol van die man is leier en die vrou die ondersteuner. Leier soos in besigheids bestuurder, hy moet sorg vir die gesin en vrou se behoeftes. Dit is fisies, geestelik en emosionele behoeftes. Daarom is die man die hoof voorsiener, broodwinner in die huis. Hy moet ook geestelik rigting gee en dissipline in die huis handhaaf. Die vrou het n rol wat geen man kan vul nie. Die bron van vreugde in die gesin. Haar kwaliteite word beskryf in SPREUKE 28.
SPREUKE 31:10 AFR53
[10] Alef. Wie sal ‘n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale……
Die deugsame man word beskryf in TITUS
TITUS 1:6 AFR53
[6] as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie……
Sulke persone vorm n eerbare huwelik.
Genade en Vrede vir jou. David