Goeie dag.
Tema :Borg staan
Die Here gee aan elke persoon verantwoordelikheid oor ‘n wye gebied in die lewe. Soos die mens groei, groei die verantwoordelikheid en ervaring totdat volwassenheid bereik word. Die verantwoordelike gaan saam met die mens graf toe, jy word nooit kwytgeskel nie. Vandag se fokus is op finansiële verantwoordelikheid.
SPREUKE 6:1-5 AFR53
[1] MY seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, vir ‘n vreemde jou handslag gegee het, [2] verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond, [3] doen dan dit, my seun, om jouself te red — want jy het in die hand van jou naaste geraak — gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste, [4] gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie; [5] red jou soos ‘n gemsbok uit die hand, en soos ‘n voël uit die hand van ‘n voëlvanger.
Hierdie waarskuwing in Spreuke slaan wyd. Dit is die moeite werd om daaroor te peins, want dit is ongelukkig die ondergang van baie. Borg staan kan direk of indirek plaasvind. Die begrip sluit gebruike soos belegings, aandele beurse, bitcoin, lenings, geskenke ens in. Enige aksie waar ‘n persoon sy geld in ‘n ander se hande plaas om daarmee te woeker is in effek borg staan. Dit is waar jy persoonlik die finansieële verantwoordelikheid vat vir ‘n ander persoon se aksies.
Regerings probeer hierdie sake te beheer met wetgewing vir banke, teen piramiede skemas, binne handel in aandele markte, ens. Skelms dink gedurig nuwe maniere uit en wetgewing is agter want dit is reaktief. Dit is nie dat instellings soos banke of belegings sleg is nie, maar hul moet met oorleg en wysheid gebruik word. Vir belegings geld die reël dat ‘n mens niks moet belê wat jy nie kan verloor sonder skade nie. Die spreekwoord: “moenie uittrek voor jy gaan slaap nie”, beteken basies, hou beheer oor jou eie geldsake tot met jou dood, moenie dit vir jou nageslag gee nie. Om geld suksesvol te kan bestuur moet ‘n mens ‘n paneel van raadgewers hê.
SPREUKE 15:22 AFR53
[22] Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
Mag die Here se genade elkeen bewaar teen borg staan.
Genade en Vrede vir jou.
David