Goeie dag.
Tema: Luiheid
SPREUKE 6:6-11 AFR53
[6] Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! [7] Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, [8] maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd. [9] Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap? [10] Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus! [11] So kom dan jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.
‘n Lui mens is baie kreatief om redes te kry om hul take te versuim en nie te doen nie. Redes soos hoofpyn, moeg, nie tyd gekry, stadig werk ens word gedurig deur aangebied. In ‘n oop wêreld ekonomie kompeteer elke mens met almal, om markte vir hul produkte. Normaalweg wen die beste waarde vir geld produkte die markte. Om ekonomies en fisies te oorleef vra werksywer soos ‘n mier. Gemaksugtige mense se verval kom soos die reën, jy staan nie een goeie môre op, dan is dit onverwags daar. Dan is die mens magteloos en platgeslaan want daar is geen reserwes nie.
In die geestelike lewe van die mens werk dit soortgelyk. As jy jou nie toerus met Woord kennis nie sal jy defnitief ‘n slagoffer van misleiding word. Dan is jou hele godsdiens tevergeefs om jou in die hemel te bring. Jy sal tenspyte van ‘n mooi lewe ontnugter word soos die vyf dwase maagde in die gelykenis.
MATTHÉÜS 25:12 AFR53
[12] Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
‘n Ander algemene area van geestelike luiheid is gebed. Sonder gebed is die mens kragteloos om die vyand te weerstaan, en oorweldig hom. Daar is verskeie geestelike gawes of werkinge wat disipline vat om te gebruik. Soos byvoorbeeld, as jy ‘n leraar is vereis dit dat jy op die Here sal wag, vir ‘n boodskap en insig hoe om dit aan te bied. Dit vra meer as om die internet na te slaan en menslike opinies te kry, dit vra om die Here se boodskap en insig vanaf Homself te soek. So het elke gawe sy kruis om op te neem.
Om lui te wees beteken in effek om geen saad te saai nie, daarom sal daar ook geen oes wees nie.
Genade en Vrede vir jou.
David