Goeie dag.
Tema: Deugniet
Die Woord beskryf ‘n deugniet as volg:
SPREUKE 6:12-15 AFR53
[12] ‘n Deugniet, ‘n kwaaddoener is hy wat met ‘n valse mond rondloop, [13] wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee; [14] in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.
‘n Lewe wat so beskryf kan word is die van ‘n mens wat in die duisternis leef. Met ‘n deugniet assosieer mens eienskappe soos gladde tong, onbetroubaar, leunaars, geheime agendas ens. Dikwels behoort diesulkes aan geheime organisasies met hul eie geheime tekens. Soos die Woord sê, oogknip, tekens met die voete en vingers. Dit is interresant om openbare figure dop te hou en die tekens te sien wat hul aan hul mede organisasie lede toon tydens optrede. Geheime organisasie het is geheim omdat hul doelwitte nie die algemene welstand van die mensdom is nie.
Vers 14 beskryf hul en ook sommige individue se doelwitte. Tweedrag en onheil, nooit iets opbouend en stigtend nie, omdat diesulkes mag wil bekom. Hul druk ander af en trap op mense sodat hulle, hulself kan verhoog en hul sin kan kry. Dit is baie maklik om te dink dat mens self onskuldig is, maar kom die gedrag nie maar neer op manipulasie nie. Een persoon wat op allerhande maniere ‘n ander se optrede wil beinvloed op subtiele en minder subtiele maniere soos stilstype en afdreiging. Alles vals streke vir eie gewin.
Hulle wat in God glo en hom volg, wandel in die lig want Hy is lig en geen duisternis is in Hom nie. Gelowiges moet in waarheid en lig wandel, met die Here en ook met mekaar. Dit bring voorspoed en geluk want dit dra die Here se goedkeuring en guns. Om jouself te verhoog en ander te benadeel is ‘n resep vir mislukking. Die Woord stel dit so duidelik:
[15] Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.
Afrekening kom skielik waneer dit nooit verwag word nie. Dit oorval die mens so vinnig dat daar nie geleentheid vir herstel is nie. Mag ons genade vind om elke ondeug in onsself te ontdek voordat ons die slegte vrug daarvan maai.
Genade en Vrede vir jou.
David