Goeie dag.
Tema : Bepeins
Die Woord van die Here se waarde kan nie gemeet word nie, dit is bo menslike begrip van waardevol. Die Woord sê:
PSALMS 12:7 AFR53[7] Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.Met Sy Woord voed Hy Sy volk op.
Die wette van Moses in DEUTERONÓMIUM verbied die volk om die leefwyse en gebruike van die Kanaaniete te volg. Dit is ‘n belangrike punt. God het die Kanaaniete vernietig, oor hul leefwyse, as ook Sodom en Gemorra. In die Wysheids literatuur leer God weereens Sy volk om Hom te behaag deur heilig en suksesvol te lewe. Hierdie waardes geld vir alle tye. Daarom is dit raadsaam om Joshua se raad te volg:
JOSUA 1:8 AFR53
[8] Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.
SPREUKE mag dalk vir sommige ou nuus of vervelig wees maar dit spreek van die lewens beginsels in die lewe, wysheid. Sonde kan vergewe word en nooit weer aan gedink word nie, maar as saad is gesaai is gaan dit vrug dra.
NÚMERI 14:18 AFR53
[18] Die Here is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
Daarom is dit lewens noodsaaklik om jouself met die beginsels van die lewe toe te rus. Alle mense wat die beginsels volg is suksesvol, ongeag of hul gered is al dan nie. Daarom is dit vir alle mense wys om hulself toe te rus met hierdie beginsels. Dit is noodsaaklik om om dit dag en nag te bepeins sodat alle aspekte daarvan verstaan kan word. ‘n Beginsel is soos die wet, dit bevat ‘n waarheid wat in alle omstandighede toegepas kan word, dit staan bekend as die gees van die wet. Dit is terselfdertyd eenvoudig en ook kompleks daarom is bepeinsing nodig.
Let egter daarop nog die beginsels, nog die wet kan jou red; net Jesus Christus kan. Daarom is sukses nie ‘n maatstaf of ‘n mens gered is al dan nie.
Genade en Vrede vir jou.
David