Goeie dag.
Tema : Tragedie
Een van die sterkste emosies is haat. So is die woord gruwel die sterkste uitdrukking van boosheid. As die Woord dan hierdie twee terme gebruik om dade te beskryf is dit die sterkste vorm van afkeur.
SPREUKE 6:16-19 AFR53
[16] Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel:
Dit beteken dat die dade wat volg totaal en al onaanvaarbaar is, daar is geen verskoning daarvoor nie. Die eerste groep van drie is:
[17] trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,
Die gemeenskaplike aksie is dat ‘n mens homself bo ander stel, terwyl alle mense voor God gelyk is. Vir die Here is daar nie ryk of arm, mooi of lelik of slim of dom nie. Hy is onpartydig en het al Sy kinders ewe lief. Hy deel vermoë uit volgens die taak wat die mens moet doen. As mens hoogmoedig is, is ander minderwaardig in jou oë. Daarom leef so ‘n mens ‘n leeun. In sy eie oë is hy foutloos en mag hy ander vernietig en belieg want hul het nie waarde nie. Die mense slagting wat van oorloë kom is gierige leiers wat gesinne vernietig uit hul gierigheid en eie waan. Is daar ‘n groot genoeg passie om hul te haat.
Aksie vier en vyf is;
[18] ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,
Die wêreld bloei onder die aanslag van geweld. Oorloë, gesins geweld, mense roof, moord, dwelms, bendes, bedrog, diefstal en ander wat deur beplanners van onheil gebeur. Hul is haastig om ander te vernietig vir eie gewin. As daar gekyk word na die vernietiging wat hul bring kan mens geen simpatie vir hul hê nie, inteendeel.
Aksies ses en sewe is;
[19] een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.
Hierdie aksies vernietig mense lewens. Daar is talle mense wat vernietig is deur vals gerugte en getuies. Soms verloor hul, hul toekoms, gesinne en waardigheid. Skinder val onder hierdie klas van aksies. Onthou God haat dit, moenie die oorsaak van tragedie wees nie.
Hulle wat hierdie haatlike sondes doen, bring tragedie na ander. Hul sal sekerlik verantwoording voor God moet doen.
Genade en Vrede vir jou.
David