Goeie dag.
Tema : Bagasie
Sonde oorval nie ‘n mens soos ‘n nagmerrie nie, maar het ‘n aanloop. Jakobus stel dit so kragtig:
JAKOBUS 1:14-15 AFR53
[14] Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. [15] Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
In die geval van seksuele verval begin dit met flirtasie soos beskryf in die volgende gedeelte:
SPREUKE 7:5-18, 20-27 AFR53
[5] sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei. [6] gesê: [21] Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. ten koste van sy lewe is. [24] Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. [25] Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie. [26] Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
Seksuele sonde bring karakter moord. Dit bring skuld gevoelens wat ‘n mens beroof van vrymoedigheid en eie waarde. Slagoffers ly dikwels aan sosiale wanaanpassing wat die gevolg is van ‘n minderwaardigheids gevoel. Dit raak nie net die persoon self nie maar ook naasbestaandes. Hul beskadigde karakter word ‘n kruis wat die rondom hul moet verduur.Die vrug van wat begin as ‘n flirtasie.
Die ander verse in die gedeelte beskryf ‘n meer aggresiewe aanslag van ‘n ontugtige mens, maar dit sit normaalweg ‘n ander mens af. Die Woord stel dit duidelik dat mens moet wevlug van so ‘n persoon af. Hierdie waarskuwing geld vir beide geslagte, mans sowel as vrouens. Mense wat so misbruik is het dikwels emosionele bagasie van seerkry, agterdog en gevoelens van verwerping. Hierdie binding beroof hul van vryheid waarsonder ‘n gebalanseerde lewe nie gevolg kan word nie. Hul straf hulself en die rondom hul met ‘n wetiese aanslag in plaas van vryheid. Oor hierdie sask lees ons:
JOHANNES 8:11 AFR53
[11] En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
Net Hy kan herstel bring en ons bagasie verwyder.
Genade en Vrede vir jou.
David