Goeie dag.
Tema :Eienskappe
Wanneer iemand ‘n werktuig koop, soos byvoorbeeld ‘n mes of skêr, kies hul op grond van die eienskappe van die item. ‘n Kort gladde mes vir groente sny, of ‘n lang getande mes vir brood ens. Wanneer wysheid dan praat noem sy haar eienskappe. Dit is eienskappe wat elke regdenkende mens graag in hul lewe voor hoop en begeer.
SPREUKE 8:5-11 AFR53
[5] Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.
Dit is amper of Wysheid ongeduldig met eenvoudige en dwase mense. Dit is onbegryplik dat mense nie wil luister en verbeter nie. ‘n Mens wil jou hande in die lig gooi as ‘n koppige mens nie wil leer en verbeter nie. As hul jou die bot antwoord gee van: “dit is hoe ek is”. Wysheid wil die mens die pad tot sukses leer. Wil jou leer om jou verstand te gebruik om sake te beredeneer sodat die beste oplossing vir die omstandighede gebruik sal word.
[6] Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is. [7] Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my, lippe ‘n gruwel. [8] Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie, [9] hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het. [10] Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud. [11] Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
Dit wat Sy spreek is:
Voortreflik.
Reg.
Waarheid.
Goddeloosheid is ‘n gruwel.
Niks slinks of vals nie.
Duidelik vir die verstandige.
Reg vir hulle met kennis.
Haar tug meer werd as silwer.
Haar kennis meer werd as uitgesoekte goud.
Wysheid is beter as edelgesteentes en kleinnode.
Indien mense dan werklik in die Here glo, hoekom sal hul nie hierdie besondere aanbod gebruik nie? Waarom word die lees van die Woord nie deel van hul daaglikse prioriteite nie? Dit is ‘n groot geleetheid tot groei en sukses. Die Here sal elkeen seën en versterk wat Sy Woord biddend met ‘n oop goed lees.
Genade en Vrede vir jou.
David