Goeiedag.
Tema: Uitnemendheid
Met die lees van die van die volgende Skrif gedeelte,kan dit nie anders as om oorweldig te raak met die wese van wysheid nie. Dit is lieflik, lofwaardig rein, kragtig. Wysheid is ‘n deel van God.
I TIMÓTHEÜS 1:17 AFR53
[17] Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.
SPREUKE 8:12-21 AFR53
[12] Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg. [13] Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat ek.
[14] Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne. [15] Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is; [16] deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde. [17] Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind. [18] Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid. [19] My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer. [20] Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg, [21] om die wat my liefhet, ‘n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.
Waneer ons hierdie gedeelte stadig en herhaaldelik lees kom mens onder die indruk van Sy Almag, goedheid en liefde vir die mens. God se wil vir die mens is n hoë pad van n oorwinnaarslewe. “n Pad waar die mens soos ‘n lig op ‘n berg skyn, sy seëninge sigbaar vir amal wat hom sien. Daar kan niks toegevoeg word aan hierdie Skrif gedeelte om dit meer kragtig te maak of uit te brei nie. Dit is volmaak in gedagte en uitdrukking. Vir my en jou bly net oor, om dit herhaaldelik te lees todat dit insink in jou wese. Jou begrip van God se bedoeling met elke mens, jy, jou kinders, jou familie, met elke mens op aarde. Hoekom gryp ons nie hierdie Woord van Hom aan nie en jaag dit na as hoogste prioriteit nie.
Genade en vrede vir jou.
David