Goeiedag.
Tema: Aangename kennis
Dit is gebruiklik om met die ontmoeting van ‘n nuwe persoon met woorde te reageer. Dit dui op jou aanvaarding en respek vir die persoon. In die volgende Skrif gedeelte stel Wysheid homself aan die leser voor:
SPREUKE 8:22-31 AFR53
[22] DIE Here het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af. [23] Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af. [24] Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie; [25] voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore; [26] toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie. [27] Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed; [28] toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het; [29] toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het — [30] toe was ek ‘n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd, [31] en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.
Dit is duidelik dat Wysheid nie ‘n legende of ‘n mite is nie. Nee, Hy is verhewe bo menslike verhale en oorleweringe. Hy is ‘n lewende wese wat vir Homself en van Homself praat. Hierdie bekend stelling van Homself gee duidelikheid aan die Skrif oor die skepping:
GÉNESIS 1:2, 26 AFR53
[2] En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
[26] En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Wysheid verwys na al hierdie gebeure in die aangehaalde gedeelte van Spreuke;
Wereld vloede, die tyd voor die aarde daar was, Hy was deel van die Ons toe die mens gemaak is, toe God die hemele berei het,….
Wysheid verlustig Hom in die mens ( Gen 1:31), vandag nog reik Hy uit na mense. Ai daar is soveel om te deel oor Wysheid, meer volgende keer.
Genade en vrede vir jou.
David