Goeie dag.
Tema: Eerste liefde
Hoe kan mens anders as om die vreugde wat Wysheid belewe, te begeer soos beskryf in vers 30 en 31. Wysheid beskryf Sy lewe as ‘n kunstenaar wat dag vir dag, hom verlustig en speel met mens en op aarde. Hy begeer om aan die mens hierdie lewenswyse en denke te leer.
SPREUKE 8:30-36 AFR53
[30] toe was ek ‘n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd, [31] en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.
Om in vreugde te lewe, vra gehoorsaamheid aan sy onderrig. Dit vra dat ‘n mens hom sal volg met ‘n passie soos vir ‘n eerste liefde. Vers 34; om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van Sy poort wag te hou:
[32] Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar. [33] Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie. [34] Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou. [35] Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry ‘n welbehae van die Here. [36] Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.
Om van wysheid te leer, bring die ware lewe en ‘n webehae van die Here. Om te leer eis van die mens onverdeelde liefde vir die Here. Liefde wat jou dring om die Woord en gebed jou eie te maak. Ongelukkig kan niemand anders dit vir jou doen nie. Geld kan dit nie koop nie. Dit is net te vinde in persoonlike verhouding van ‘n heilige verhouding met die Here. Die resultaat van so verhouding is ‘n ewige lewe saam met God en medegelowiges voor Sy troon. Sien ons dit nie in Jesus se woorde aan die gemeente:
OPENBARING 2:4-5 AFR53
[4] Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. [5] Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
Om die Here te dien is ‘n vreugdevolle stryd, van gebed, heiligmaking en verhouding, lewenslank. Hy nooi ons met woord en daad, laat ons dit aangryp. Ewige liefde.
Genade en vrede vir jou.
David