Goeie dag
Tema: Maaltyd
Die identiteit van Wysheid word indirek gegee in die eerste vers van SPREUKE 9, deur die verwysing na sewe. Dit verbind Wysheid met Openbaring 6, die sewe geeste van God voor die troon. Daar is nog verwysings in die Woord wat bevestig dat Wysheid die Heilige Gees is.
OPENBARING 4:5 AFR53
[5] En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;
Sien ook Open 5: 6, 3:1, 4:6, 1: 4,5.
Heilige Gees is sewe voudig in eieskappe, dit kom uit:
JESAJA 11:2 AFR53
[2] en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.
1.Die Gees van die Here
2.Die Gees van wysheid
3.Die Gees van verstand
4.Die Gees van raad
5.Die Gees van sterkte
6.Die Gees van kennis
7.Die Gees van die vrees van die Here
Die gawes wat Wysheid aan die mens wil gee word uitgebeeld as ‘n maaltyd. Dit is ‘n oop uitnodiging, aan die wat wil, maar ongelukkig wil daar nie baie nie.
SPREUKE 9:1-6 AFR53
[1] DIE Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap, [2] haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek. [3] Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes: [4] Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sĂȘ sy: [5] Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het; [6] laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.
Met Wysheid in ‘n mens se lewe kom daar [n vrug van wysheid. Dit bring totale vervulling en neem vrees weg. Ek herhaal; Wysheid bring totale vervulling en neem vrees weg uit ‘n mens se lewe. Vervulling is nie om alles te kry waarvoor ‘n mens hoop nie. Sommige begeertes word vervul, en die wat nie vervul word nie kry, ‘n mens vrede oor na ‘n tyd. Vrees word vervang met vertroue en hoop. Daarom kon koning Dawid Ps 23 skryf omdat hy wysheid gehad het.
Genade en Vrede vir jou.
David