Goeiedag.
Tema: Met oorleg
Die wysheid wat van die Here is so kosbaar dat niks dit kan koop nie, dit het onmeetbare waarde. Dit is heilige genade as die Here dit vir jou oopmaak. Spreuke maan ons om wysheid versigtig en met oorleg te gebruik:
SPREUKE 9:7-10, 12 AFR53
[7] Hy wat ‘n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat ‘n goddelose bestraf, vir homself ‘n skandvlek. [8] Bestraf ‘n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf ‘n wyse, en hy sal jou liefhê. [9] Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder. [10] Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.
[12] As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy ‘n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
Uit hierdie gedeelte is dit duidelik om nie met dwase mense insig te probeer deel nie. Hul het net nie die kapasiteit of vermoë om dit te verstaan en te begryp nie. Jesus stel die voorbeeld deurdat Hy met sommige mense van Sy tyd, deurmiddel van gelykenisse gepraat het sodat hul nie Sy boodskap moet verstaan nie. Sy eie woorde is:
MATTHÉÜS 7:6 AFR53
[6] Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
Dieselfde gedagte wat Spreuke uitdruk, maar net meer direk radikaal gestel. Dit is ‘n opdrag waarvan ons gewoonlik vergeet in ons oorywerigheid om die evangelie te verkondig. Daarin is ook wysheid nodig. Ek is van menig dat Jesus meer van gelykennise gebruik gemaak het as Hy met die godsdienstiges van die tyd gepraat het. Op afgeleë plekke het Hy meer direk met die skares gepraat soos in die berg predikasie. Om met hulle te praat wat begrip het, lei duidelik tot seening vir hoorder en spreker (Vers 8b,9). Uit vers 10 is dit duidelik wie die wyses is, hulle wat God vrees en ken. Mag die Here elkeen toerus met oorleg om die Evangelie vir die opregtes te bring.
Genade en Vrede vir jou.
David