Goeiedag.
Tema: Waarnemings
Daar is ‘n onderskeid tussen beloftes, beginsels en idiome/sêgoed wat kom uit algemene waarnemings. Spreuke se Idiome moet nie gesien word as beloftes nie, maar as wyse waarnemings. Hulle dien as positiewe rigtingewers in die lewe en tot voorspoed.
Dit is belangrik om die verskil te verstaan anders kom daar verwarring en word daar getwyfel aan die Woord. Ter illustrasie in Sp10:3 staan daar geskrywe:
Sp3:10 Die Here laat die regverdige nie honger ly nie. Dit is waar in die algemeen onder normale omstandighede maar kyk wat is Paulus se ondervinding:
I KORINTHIËRS 4:11 AFR53
[11] Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond,
Heirdie gebeure was deel van sy vervolging, dit kan ook gebeur met ander gelowiges onder sekere omstandighede. Dit weerspreek nie die vers nie omdat die vers ‘n algemene wye stelling is. Mag ons dit so lees en verstaan.
SPREUKE 101: DIE spreuke van Salomo. ‘n Wyse seun verbly die vader, maar ‘n dwase seun is ‘n bekommernis vir sy moeder.
Hierdie vers is nie vir ouers geskryf nie maar aan kinders sodat hul bewus kan wees van die direkte effek van hul lewenswyse op hul ouers. Ouers beleef vreudge en pyn, van en oor kinders. Opvoeding speel ‘n rol maar kinders, het soos alle mense ‘n vrye wil met wat hul van die lewe gaan maak. Dit bly ‘n raaisel hoekom kinders uit goeie huise besluit om nie die smal weg te bewandel nie, tenspyte van die slegte gevolge daarvan. Slegte gevolge en almal rondom hulle.
SPREUKE 10:2 AFR53
Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
Goddeloosheid is daar waar die beginsels van geregtigheid nie geld nie. Dit het altyd slagoffers en laat verwoesting na, ook vir die wat oortree. Die wat gewen word is maar van korte duur. Een van die persoonlike gevolge is gebrek aan integriteit , wat selfveragting meebring . Mens kan enige iemand ‘n rat voor die oë draai behalwe jouself en die Here. So mens se siel is in effek dood. Dank die Here vir die alternatiewe lewe van geregtigheid wat lewe gee en bring.
Genade en Vrede vir jou.
David